AwakeningWeekendSeminar - Maart2.003

UpcomingAwakening Seminaar

Price Qty*
Etes & Materiaal show details + R400.00 (ZAR)  

  • Vrydag : 19:00-21:30 Saterdag 8:30-17:00
    9th March 2018 - 10th March 2018
    7:00 pm - 5:00 pm

Waaroor gaan Awakening Seminare?

Ons Seminare het ontstaan uit die behoefte om sterk en betroubare bedienaars op te lei en vry te stel, om so bediening te kan ondersteun.

Talle gelowiges — oud en jonk, nuut en ervare — het al die Awakening-kursus bygewoon en geestelik aangeraak, aangewakker en geaktiveerd daar uitgestap, gereed om ‘n aktiewe rol in hul gemeentes en gemeenskappe te vervul. Baie kursusbywoners het al getuig hoe negatiewe vestings in hul lewens gebreek is, hulle in die krag van die Here begin vloei het, hul geestelike groei aangewakker is en hulle op ‘n daaglike basis, deur die krag van die Heilige Gees, tekens en wonders begin beleef het.

Awakening, in kort, kan beskryf word as: Die bemagtiging, bekragtiging, opbouing en versterking van gelowiges om hulle te mobiliseer om in die gawes van die Gees te beweeg. Bowenal word mense se harte aangeraak, en die waarde dáárvan kan nie gemeet word nie!

Wat behels die Awakening-kursus?
Awakening is ‘n gevorderde opleidingspakket wat saamgestel is om individue en persone in leierskap toe te rus om in hul plaaslike gemeentes te bedien. Die kursus is uniek in sy aanbiedingstyl, praktiese toepassingsoefeninge en meedeling.
Die hart van Awakening se leierskap en bediening is om die plaaslike kerk te ondersteun, sy struktuur te versterk en individuele betrokkenheid in gemeentes aan te moedig.

Vertrou ons sien jou by die Seminaar!

Location

Venue:  

Venue Phone: 0128090266

Venue Website:

Address:
Silverlakes Rd, Silverlakes, Pretoria, Gauteng, 0021, South Africa